
=====================================================================
Dis ns storie (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Dis ns storie

Gawie Keyser,   Afrikaanse joernalis wat in Amsterdam gevestig is, reageer op Emile Joubert se Klip in die Bos-artikel   oor Afrikaanse TV 
in Afrikaans Vandag, Desember 1996.

TELEVISIEDRAMA in jou moerstaal is by uitstek di veilige hawe waarin mense kollektiewe angste kan konfronteer, waar hulle hul eie drome 
kan uitleef, waar hulle hulself tekom. Om jou rug met opset op hierdie lafenis te keer is kulturele selfmoord -- soos 'n skool walvisse 
wat doelbewus strand toe swem.

As 'n mens Emile Joubert moet glo, is dit juis wat Afrikaanssprekendes gaan doen, want volgens hom gaan hulle nie 'n traan stort wanneer 
hulle geen TV-stories meer in hul eie taal kry nie.

'n Denkfout word in sy stuk gemaak, naamlik dat die gehalte van 'n reeks onlosmaaklik aan die bestaansreg daarvan gekoppel is. Omdat die 
standaard van Afrikaanstalige TV nooit tot sy volle potensiaal opgestoot is nie, sou Afrikaanssprekendes nie omgee as hul beeldverhale soos 
mis voor die son verdwyn nie.

Joubert skryf dat Afrikaanse TV tydens apartheid met 'n silwerlepel in die mond gebore is en dat hierdie bevoorregte posisie TV-makers 
weinig genspireer het. Gevolglik het die een miserabele storie n? die ander mekaar op die TV gevolg, wat Afrikaanssprekendes genoop het om 
hul eie TV-drama te verlon en massaal na Engels oor te skakel. Want "almal verstaan Engels -- daarom kyk hulle".

Verkeerd. Mense kyk nie na Hill Street Blues, NYPD Blue of ER bloot omdat dit in Engels is nie. Anglo-Saksiese TV-fiksie tref wreldwyd die 
doel gewoon omdat dit die beste is. Dit het daarin geslaag om 'n universele "beeldtaal" vir televisie te skep. Terselfdertyd behandel dit 
algemene temas: lewe, dood, humor, angs, drome. Kykers oral verstaan die beeldtaal en hierdie temas spreek tot hulle. Daarom kyk hulle.

Of mense gaan huil wanneer Vetkoekpaleis, Freek Robinson of Tolla se advertensie vir Toyota nie meer te sien is nie? Ek het Vetkoekpaleis 
nie gesien nie, maar as die ander twee weg is, gaan ek my morsdood huil -- en saam met my duisende ander Afrikaansprekendes, hiervan is ek 
oortuig. 'n Goeie proef is om 'n hele paar jaar in die buiteland te gaan woon en dan te kyk of jy huil. Wel, uit eie ondervinding kan ek 
verslag doen dat jy elke aand met rooi o gaan slaap.

Uit die magdom TV wat ek die afgelope tien jaar in Amerika, Europa en Suid-Afrika gesien het, bly Afrikaanstalige reekse jou die 
hardnekkigste by - nie omdat dit s goed is nie -- inteendeel, dis dikwels lagwekkend - maar omdat dit in my eie taal is. Ek onthou Die 
seepsteenbataljon, TJ 10, Slampampersirkus, 'n Lug vol helder wolke, Matewis en Meraai ... die lys is eindeloos. Ek smag na Elize Cawood, 
Marius Weyers, Tobie Cronj, Sandra Prinsloo, Katinka Heyns.

Afrikaanse flieks ... daar's een gegrond op 'n roman van Konsalik, Dooie duikers deel nie. ... Hoe skitterend was dit nie om Marius en 
Sandra in 'n avontuurverhaal te sien nie. O ja, dis maklik om jou neus vir di allegaartjie op te trek en te s weens apartheid het 
Afrikaanse oudiovisuele kuns nie goed ontwikkel nie. Natuurlik is die fliek pulp, maar wat wil dit nou eintlik s?

Punt is, dis noodsaaklik dat Marius in Afrikaans teen 'n haai veg, al word dit ook hoe krakkemikkig op film vasgel. Om 'n debat oor die 
"gehalte" van Afrikaanse TV te voer, en gevolglik sy bestaansreg hieraan te koppel, is tydmors. Die postmodernisme het pulp lankal tot kuns 
verhef; alles is "gehalte" en niks is "gehalte" nie. Waarom dit gaan is dat elke kultuurgemeenskap sy stories op die TV moet en sal vertel.

Ek vermoed dat die mense wat nou die einde van Afrikaanse TV vra, die einstes is wat Amerikaanse TV-fiksie nooit kon verduur nie. Ek dink 
dis dieselfde mense wat TV tot die uitkraam van "ho kuns" wou reduseer. Die postmodernisme en die opkoms van ernstige navorsing oor die 
populre kultuur het sulke argumente in die asblik laat beland.

In geen ander kunsvorm kry die verhale en die mites van 'n kultuurgemeenskap gestalte soos op die TV nie. In die stories kom ons ons angste 
te, projekteer ons ons drome en vind ons ons identiteit. Of die kameras goed opgestel is, die snitte kreatief of die spel voortreflik -- 
dis alles vers twee van die debat.

Ek onthou een middag op Rustenburg, jare gelede -- ek was nog klein. Die hele dorp sit in die flieksaal en kyk na Die Spaanse vlieg. Dis 
bedroewend sleg (filmtegnies en andersins), maar 'n uitbundige stemming heers; hul taal maak die storie vir hulle lewendig, ongewenaard en 
bowenal onontbeerlik.

Ontwikkelings in verskeie Europese lande begin in die negentigerjare die stelling te weerspreek dat slegs die kampioenreekse uit die 
Engelstalige wreld die harte van die kykers steel. In sy uitstekende studie getiteld Hollywood in het avondland toon Danil Biltereyst aan 
dat 'n "eksplosiewe groei van 88%" in eie Europese dramaproduksies tussen 1990 en 1993 plaasgevind het.

Voorts het hy gevind dat "eie nasionale dramaproduksies in die meeste lande tot die mees bekykte programme behoort". Biltereyst se 
ondersoek toon onomwonde aan dat fiksie van eie maaksel en in die eie taal die voorkeur van die publiek wegdra. Daarnaas lok Amerikaanse 
reekse, soos oral ter wreld, talle kykers, terwyl Europese reekse in tale wat vir kykers vreemd is, nie gewild is nie. Kortom, volgens 
Biltereyst se gegewens spreek Europa met n stem: "local is lekker ..."

Dit het alles te make met die meganismes binne 'n kultuurgemeenskap. Jou eie taal, jou eie mense bring prosesse teweeg wat Amerika nie kan 
nadoen nie. Boetie gaan border toe is vir die filmpuris onverteerbaar, maar dis sy eie Boetie, daarom kyk hy ...

Dikwels bestaan 'n gaping tussen wat TV-resensente goed vind, en waarvan mense hou, waarna hulle aand na aand, week na week kyk. In 
Nederland is daar byvoorbeeld 'n sepie met die titel "Goede Tijden, Slechte Tijden". Dit is wellig een van die slegste stukkies TV-drama 
uit die geskiedenis, maar Nederlanders sit in hul miljoene elke aand om agtuur voor die kassie vasgenael.

Sedert die koms van kommersile TV in Nederland beleef Nederlandstalige TV-drama 'n bloeitydperk soos min, wat die navorsing van Biltereyst 
bevestig. Gehalte-drama het die domein van die openbare uitsaaier geword, terwyl die kommersile stasies hulle op massavermaak soos Goede 
Tijden, Slechte Tijden toespits. 'n Aanleiding vir die opkoms van skitterende dramareekse soos Pleidooi en In naam der koningin was 'n 
ondersoek wat die internasionale buro McKinsey na die Nederlandse uitsaaibestel gedoen het. Een van die bevindings was dat die openbare 
uitsaaiers die "gevaar" van die nuwe kommersile senders die hoof moet bied deur Nederlandstalige TV-drama te maak. Die openbare uitsaaiers 
het met groot welslae hieraan gehoor gegee. Die ekonomiese beginsels van die vrye mark en moontlikheid van wedywering het 'n kreatiewe 
ontploffing veroorsaak.

Jy kan Nederlanders nou nie meer met 'n stok voor die kassie kry wanneer byvoorbeeld NYPD Blue" vertoon word nie, ondanks die feit dat 
hierdie reeks so ongeveer die beste TV-drama is wat die laaste jare waar ook ter wreld gemaak is. Die massa kyk veel liewer na Goede 
Tijden", Goudkust, De Travestie Show of De Vakantieman -- om die doodeenvoudige rede dat dit in Nederlands is.

Eerder as om grappe te maak oor Tolla, sou die meningsvormers in Suid-Afrika hul oogklappe moet afhaal, diep in hul harte kyk en eerlik s 
dat hulle sal sterf sonder Orkney snork nie. Juis by televisie, die mees demokratiese kunsvorm, is geen plek vir hooghartigheid of 
geveinsde goeie smaak nie.

Daar is stories om te vertel -- Afrikaanse stories -- en al is Marius se haai van karton, sy storie is ns storie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av435.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

